Posts by Priscilla

OTW Visieverklaring 2022-2025

Die OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) deel graag ons visieverklaring met u. Die onderstaande dokument sal die raamwerk vir ons nuwe strategiese plan wees. Ons sal spesifieke doelwitte en aksieplanne oor die volgende 12 of wat maande voltooi sodat hierdie items geïmplementeer kan word. Terwyl ons finale plan aanpasbaar moet wees en moet kan verander soos wat ons omgewing verander, is hierdie visieverklaring die fondasie van dit waarna ons wil werk om die OTW te verbeter en seker te maak dit hou aan om dienste aan fans te verskaf. Missieverklaring Die OTW is ’n nie-winsgewende organisasie gestig deur fans om die belange van fans te… Read more

April 2021 Werwing: Dankie vir U Ondersteuning

Noudat die OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) se April lidmaatskapwerwing tot ‘n einde gekom het, bedank ons graag almal wat deelgeneem het. Ons is verstom, en dankbaar om te kan deel, dat ons gedurende die werwing VS$264 918,85 vanaf 9 110 skenkers in 84 lande ontvang het. Dit het ons teiken van VS$50 000 ver oorskry. Ons lidmaatskap het ook tot 16 842 lede gegroei. U is ongelooflik, dankie!

April 2021 Werwing: Kudos vir U

Die OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) is in 2007 gestig deur fans vir fans, met die missie om fandom te dien deur transformerende werke te preserveer en die skep daarvan aan te moedig. Veertien jaar later is ons toewyding hieraan steeds onwrikbaar. Die OTW werk om fans, en die transformerende werke wat hulle skep, te beskerm, of dit nou deur regsvoorspraak teen fan-onvriendelike wetgewing, die red van bedreigde fanwerke, die opskryf van fangeskiedenis, die verskaffing van ‘n lokaal vir fanstudies of die gasheer van u ou en nuwe fanwerke is. Maar ons kan dit nie sonder u hulp doen nie. Soos ons elke April en… Read more

OTW Finansies: 2021 Begroting

Gedurende die afgelope jaar het die OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) Finansiekomitee soos altyd verseker dat die organisasie se rekeninge betaal, die inkomstebelasting-opgawes ingedien en die standaard rekeningkundige prosedures gevolg word. Voorbereiding vir die 2020 oudit van finansiële state is tans aan die gang! Die span het ook ywerig gewerk om te voldoen aan die OTW se behoeftes vir 2021 en is trots om die jaar se begroting aan u voor te lê (kry toegang tot die 2021 begroting-sigblad vir meer gedetailleerde inligting):

Ter Nagedagtenis aan Yahoo! Groups

Beeldtoeskrywing: Die Alexandrië Vuur, houtsnee deur Hermann Göll, 1876, saamestelling deur die Yahoo-Geddon Projek Span. Yahoo! Groups is vandag gesluit na 20 jaar se diens aan fannish- en ander internetgemeenskappe. Die besluit is vroeër vanjaar, op 14 Oktober, deur Verizon aangekondig. Yahoo! Groups was ‘n besprekingsbord en eposlys samesmelting wat vinnig ‘n middelpunt vir fannish aktiwiteite geword het nadat dit in 1999 bekend gestel is. Yahoo! Groups en soortgelyke dienste het fans toegelaat om hul fandom ervarings na maat aan te pas en te beheer, iets wat op daardie stadium nie van te hore was nie. Fannish Groups (Groepe) het in bestek gewissel van genre… Read more