Posts by Ori
Oktober 2022 Lidmaatskapwerwing: Dankie vir u Ondersteuning
Ons Oktober Lidmaatskapwerwing het tot ‘n einde gekom en ons is uiters dankbaar vir u vrygewigheid. Ons is bly om aan te kondig dat, danksy 7 683 skenkers in 78 lande, ons ‘n totaal van VS$276 467,69 ingesamel het! Ons is veral bly dat 6 147 van u gekies het om u OTW (Organisasie vir Transformerende Werke)-lidmaatskap te begin of te hernu met u donasie. Alhoewel die lidmaatskapwerwing vir eers geëindig het, aanvaar ons regdeur die jaar donasies. U kan enige tyd van die jaar ‘n stemgeregtigde lid word—u moet net teen 30 June om 23:59 UTC aansluit om in Augustus in ons jaarlikse raadsverkiesings… Read more
OTW Finansies: 2022 Begroting Opdatering
Regdeur die jaar het die OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) Finansiekomitee soos altyd verseker dat die organisasie se rekeninge betaal is, die inkomstebelasting-opgawes ingedien is en dat standaard rekeningkundige prosedures gevolg is. Die span het ook rekeningkundige strukture opgeknap om die OTW se finansiële aktiwiteite beter te weerspieël. Voorbereiding vir die 2021 oudit van finansiële state duur voort! Die span het ook ywerig gewerk aan die opdatering van die 2022 begroting en is trots om dit aan u voor te lê (kry toegang tot die 2022 begroting-sigblad vir meer gedetailleerde inligting): 2022 Uitgawes Archive of Our Own – AO3 (Argief van Ons Eie) VS$290 688,25… Read more
April 2022 Werwing: Dankie vir u Ondersteuning
Die April lidmaatskapwerwing van die OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) het tot ‘n einde gekom en ons is bly om te kan deel dat ons ons fondsinsamelingsteiken van VS$40 000,00 oorskry het, met ‘n finale totaal van VS$275 724,51 wat deur 7 528 mense in 84 lande geskenk is. Ons is veral bly dat 5 810 skenkers gekies het om OTW-lidmaatskap te hernu of te begin. Baie dankie aan almal in ons internasionale gemeenskap wat tydens die werwing informasie op sosiale media gedeel het, bloginskrywings gemaak het of geskenk het. U ondersteuning stel ons in staat om ons voortdurende missie te dien: om die belange… Read more
April 2022 Werwing: Die Kaarte is in u Hande
Die OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) is bedink, ontwerp en gebou deur fans. Ons word ondersteun deur die vrywillige werk van die fans wie dien as ons personeel, asook deur die finansiële vrygewigheid van ons lede. Soos ons hierdie April ons halfjaarlikse lidmaatskapwerwing van stapel stuur, wil ons graag sommige van die voordele van OTW lidmaatskap, wat beskikbaar is vir diegene wat donasies van VS$10 of hoër gemaak het, verduidelik. Ons will ook van die ander maniere beskryf waardeur ons ons waardering wys aan ons skenkers. Ons verstaan dat dit vir baie van ons besoekers nie moontlik sal wees om aan die OTW te skenk… Read more