Posts by Nat

Veranderinge aan die verantwoordelikhede van die Ondersteuning- en Beleidsmisbruik-komitees

Om die werksladings van ons Ondersteuning- en Beleidsmisbruik-komitees meer gebalanseerd te maak, maak ons ‘n paar veranderinge aan wie verantwoordelik is vir watter soort versoeke. Soos altyd, sal Beleidsmisbruik aanhou om oortredings van die Diensvoorwaardes aan te spreek, en Ondersteuning aanhou om vrae te beantwoord oor hoe om die webtuiste te gebruik, asook om die aanmelding van tegniese foute te hanteer. Sekere van die sake wat vroeër deur Beleidsmisbruik hanteer is, sal egter nou deur Ondersteuning hanteer word. Hierdie sake is: Om toegang tot ‘n rekening te verloor (indien u byvoorbeeld nie meer die e-pos wat u gebruik het om die rekening op te stel,… Read more

Ons Bied Nuwe OTW Geskenke vir Jarelange Lidmate Aan

Gedurende Oktober se lidmaatskap werwing het ons aangekondig dat ons werk aan ‘n manier om die OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) se lojaalste ondersteuners te vier. Ons is opgewonde om die nuwe eksklusiewe geskenke te deel wat ons ontwerp het om drie, vyf en tien jaar aaneenlopende lidmaatskap te herdenk!

Ons vier 40 000 Fandoms op die AO3

Die Etiket Organisasie Komitee kondig met vreugde aan dat ons die mylpaal van 40 000 fandoms op die Archive of Our Own – AO3 (Argief van Ons Eie) bereik het! Ons het verskeie fandom mylpale oor die jare bereik: 5 000 fandoms rondom Nuwejaar, 2010 10 000 fandoms in September 2012 15 000 fandoms in April 2014 20 000 fandoms in Desember 2015 25 000 fandoms in Junie 2017 30 000 fandoms in Oktober 2018 35 000 fandoms in Desember 2019 Ons het hierdie keer besluit om die mylpaal te vier met hierdie berig, wat meer verduidelik oor hoe die Etiket Organisasie Komitee die etikette… Read more