Posts by Heleen

OTW Finansies: 2022 Begroting

Gedurende die afgelope jaar het die OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) Finansiekomitee soos altyd verseker dat die organisasie se rekeninge betaal, die inkomstebelasting-opgawes ingedien en die standaard rekeningkundige prosedures gevolg word. Die span het ook die rekeningkundige Rekeningplan opgeknap om die OTW se finansiële aktiwiteite beter te weerspieël. Voorbereiding vir die 2021 oudit van finansiële state is tans aan die gang! Die span het ook ywerig gewerk om te voldoen aan die OTW se behoeftes vir 2022 en is trots om die jaar se begroting aan u voor te lê (kry toegang tot die 2022 begroting-sigblad vir meer gedetailleerde inligting): 2022 Uitgawes Archive of Our… Read more

Terugvoerfees 2022 begin nou!

Ons het almal ons eie persoonlike kanons gebou – die fiks, vids, kuns en ander werke waarvoor ons lief is en waarna ons keer op keer terugkeer. In Januarie het ons vir u vertel dat die tema van vanjaar se Internasionale Fanwerkdag (of “IFD”, die Engelse akroniem) ‘Klassieke Fanwerke’ is, en ons het gevra dat u ‘n lys van fanwerke begin saamstel wat u as noodsaaklik beskou, of dit nou vir lees, kyk of luister is. Nou het die tyd aangebreek, en ons sal graag wil sien waarmee u vorendag gekom het! Hierdie bloginskrywing is waar u al die werke kan deel wat u as… Read more

Wat Ons Doen vir #IFD2022

Dit is nog net ‘n week tot die agtste Internasionale Fanwerkdag (verkort na “IFD”, die Engelse akroniem) en ons by die OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) het baie vir u om na uit te sien! Kyk gerus na die geleenthede hieronder en neem deel aan die pret. 1. Fanwerke Uitdaging Ons tema vir hierdie jaar se IFD is ‘Klassieke Fanwerke’ en in ‘n nuusberig wat verlede maand geplaas is, het ons u uitgenooi om deel te neem deur fanwerke te skep wat speel met, remix of andersins hulde bring aan werke wat u as klassieke werke in u gunsteling fandom beskou. U kon selfs skryf… Read more

Internasionale Fanwerkdag 2022 is op pad

Maak gereed: Internasionale Fanwerkdag is net een maand weg! Internasionale Fanwerkdag (of “IFD”, die Engelse akroniem) is gestig in 2014 deur die OTW (Organisasie vir Transformerende Werke). Dit is ’n viering van alle soorte fanwerke, en word jaarliks gehou op 15 Februarie. Hierdie jaar vier ons die 8ste jaarlikse IFD!

Die Internasionale Dag van Fanwerke 2021 is op pad

Dit is amper weer daardie tyd: die Internasionale Dag van Fanwerke (of “IFD”, vanaf die Engelse akroniem) is spoedig op pad! Dit word jaarliks op 15 Februarie gevier en ons het dié jaar baie planne – ons hoop u sal saam met ons kom feesvier!