Posts by Cyn

Ons Vier Internasionale Vrywilligersdag 2021

Sedert ons stigting in 2009 is die OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) deur fans gebou en bestuur. Tot vandag toe bly dit waar: die OTW is ‘n organisasie wat deur fans vir fans gestig is, en daardie selfde fans dryf die OTW op elke vlak aan. In elkeen van ons komitees voer vrywilligers noodsaaklike take uit om te verseker dat al ons projekte aanhou funksioneer en vorentoe beweeg. Sonder hulle sou die OTW nie bestaan nie, en ons is ongelooflik dankbaar vir hul uiters belangrike werk.