Posts by cinnamonandtea

Verdere Veranderinge aan die Verantwoordelikhede van die Ondersteuning- en Beleidsmisbruik-komitees

Soos ons voortgaan om te werk aan beter balans van verantwoordelikhede tussen ons Ondersteuning- en Beleidsmisbruik-komitees, verskuif ons twee verdere soorte sake van Beleidsmisbruik na Ondersteuning se mandaat: Fannish Naasbestaandes Dit is ‘n opsie wat ons bied wat ‘n aangewese persoon toelaat om u rekening te bestuur as u sterf of onbevoeg raak. U kan meer leer oor die Fannish Naasbestaandes-program in ons Diensvoorwaardes Algemene Vrae. Neem asseblief kennis dat, as u ‘n Fannish Naasbestaande-versoek het wat tans verwerk word, ons Beleidsmisbruik-span die versoeke wat hulle reeds ontvang het sal voltooi. As u in die toekoms ‘n Fannish naasbestaande wil aanwys, of een wat tans… Read more

September 2022 Nuusbrief, Volume 171

I. DIE OTW WORD 15 In September het die Kommunikasie komitee die OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) se 15de bestaansjaar gevier met ‘n trivia-speletjie, ‘n fanwerke-uitdaging en spesiale onderhoude met Francesca Coppa en Constance Penley. Baie geluk aan ons trivia- en uitdagingwenners, met dank aan die Ontwikkeling en Lidmaatskapkomitee wat pryse verskaf het! Die Kommunikasie komitee het ook kommentaar op Archive of Our Own – AO3 (Argief van Ons Eie) se nuusplasings heraktiveer—net betyds vir die herdenking. Ons het ook aangekondig dat die AO3 gedurende die vieringe 5 miljoen geregistreerde gebruikers bereik het—terloops op 15 September! II. BY DIE AO3 Oop deure het die invoer… Read more

Vyf Dinge Wat Francesca Coppa Gesê Het

Die OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) word hierdie maand 15! As ’n deel van die feesvieringe, publiseer ons ’n spesiale 5 Dinge berig met een van ons stigters, Francesca Coppa. In hierdie berig kan u lees oor Francesca se herinneringe van die vroeë dae van die OTW en die uitdagings waar die organisasie sedertdien voor te staan gekom het. Ons gaan ook gasheer wees vir ’n trivia kompetisie (slegs in Engels beskikbaar) en ’n fanwerke uitdaging. As u meer wil weet, besoek asseblief die Engelse weergawe van die OTW se herdenkingsberig. Elke maand of so doen die OTW ’n V&A met een van sy vrywilligers… Read more

Julie 2022 Nuusbrief, Deel 169

I. FANDOM IN KLEUR BY FANLORE In Julie het Fanlore ’n goeie maand met die tema Fandom in Kleur gehad, met bladsye van alle soorte verwant aan karakters van kleur; geleenthede en gemeenskappe wat hulle vier; en artikels, besprekings en fan aktivisme rondom ras en fandom. U kan na al die bladsye en onderwerpe wat deur Fanlore uitgelig is gaan kyk deur die Fandom in Kleur toegewyde etiket op Tumblr te gebruik. (Of #FandominColor as u Twitter verkies!) Fanlore het ook ’n Discord redigeer chat met dieselfde tema gehou wat tot uitstekende besprekings, veranderinge en nuwe bladsye gelei het — dankie aan almal wat saamgekom… Read more