Die Archive of Our Own – AO3 (Argief van Ons Eie) is ‘n nie-kommersiële en nie-winsgewende sentrale gasheerblad vir transformatiewe fanwerke soos fanfiksie, fankuns, fanvideos en podfik. Die AO3 is ‘n volkome fangeskape en fanbestuurde spasie waar fans se kreatiwiteit kan voordeel trek uit die OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) se voorspraak vir die wettigheid en sosiale waarde daarvan.
Die AO3 het in November 2009 in oop beta ingegaan; en in Februarie 2014 het dit die mylpaal van 1 miljoen opgelaaide fanwerke bereik. In Julie 2018 het die AO3 4 miljoen opgelaaide fanwerke verbygesteek. In 2019 was dit deur meer as 1,5 miljoen geregistreerde gebruikers gebruik en het dit al fanwerke in meer as 30 000 fandoms bevat.
Die AO3 is volledig gebou en ontwerp deur vrywilligers vanuit fandom. Baie van ons vrywilligers het vaardighede in programmering, ontwerp en dokumentasie verkry deur hul werk aan die projek. Die blad se oopbronsagteware word tans by href=”https://github.com/otwcode/otwarchive” target=”_blank”>GitHub geherberg. Die AO3 se bedieners word totaal befonds deur donasies aan die OTW. Gebruikers betaal nie en daar is geen advertensies op die webtuiste nie.
Sommige van die AO3 se noemenswaardige kenmerke sluit in:
- die een-klik aflaai van fanwerke in ‘n verskeidenheid formate (ePub, HTML, Mobi, PDF)
- ‘n vrye-vorm etiketteringsisteem wat die skeppers van fanwerke toelaat om hul eie ettikette te definieer vir klassifikasie
- sisteme vir kommentaar, kudos en boekmerking
- opsies vir gebruikers om fanwerke hoofstuk-vir-hoofstuk of in hul geheel te besigtig, asook om fanwerke in ‘n reeks aan mekaar te skakel
- die berging van fanwerkversamelings en -uitdagings
- die invoer van fanwerke wat voorheen elders geplaas is
Meer besonderhede oor die projek kan gevind word onder Algemene Vrae, die AO3 padkaart en AO3 Nuusberigte. Nuus van die AO3 is ook beskikbaar deur Twitter en Tumblr.