April 2023 Nuusbrief, Volume 177

I. FANLORE NUUS

Fanlore het gewerk om bladsy buitelyne meer toeganklik te maak en om riglyne en gebruike meer sigbaar aan nuwe redakteure te maak. Daar is gevolglik ’n nuwe Hulp-bladsy, Help:Non-English Language Content, nou op Fanlore beskikbaar (in Engels). Fans is ook welkom om hulp te kry deur die Fanlore Discord bediener. Fanlore het ’n redigering chat gefokus op skakel-argivering gehou op 29 April.

II. BY DIE AO3

In April het die OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) die 11 miljoenste fanwerk gevier wat op die Archive Of Our Own – AO3 (Argief van Ons Eie) geplaas is!
Die Kommunikasie komitee se sosiale media aankondiging van hierdie mylpaal het vinnig versprei nadat dit gemaak is. Dankie aan elkeen wie hierdie maand AO3 en die OTW ondersteun het!

Oop Deure het die invoer van The ARC, ’n argief van Primeval fanfiksie, aangekondig, terwyl die Beleidsmisbruik-komitee ’n bietjie minder as 2 000 kaartjies en die Ondersteuningkomitee ongeveer 1 600 kaartjies in April ontvang het. Intussen het ons Etiket Organiseerders meer as 440 000 etikette oor meer as 57 000 fandoms in Maart organiseer, meer as ’n duisend etikette per aktiewe organiseerder!

III. ELDERS BY DIE OTW

Die Finansiekomitee het die 2023 begroting geplaas voor die April Werwing plaasgevind het. Die Werwing was gekoördineer deur die Ontwikkeling en Lidmaatskapkomitee met ondersteuning van die Kommunikasie komitee en die Vertalingskomitee, wie al die Werwing berigte, insluitende die begroting, en verwante grafika na 32 tale vertaal het. Danksy die vrygewigheid van 7 852 mense in 71 lande, van wie 6 450 gekies het om ’n OTW lidmaatskap te begin of hernu, het die OTW ’n totaal van VS$252 343,98 ingesamel!

Die Verkiesingskomitee was in April besig om voor te berei vir die 2023 Raad van Direkteure verkiesing. Die Verkiesingstydlyn is nou beskikbaar op die Verkiesingskomitee se webtuiste. Hou dop vir meer inligting in die komende maande!

In April het die Regskomitee Voorsitter Betsy Rosenblatt deelgeneem aan die eerste van die VS Kopieregkantoor luistersessies oor kunsmatige intelligensie en kopiereg wetgewing. Hierdie luistersessie was ’n goeie geleentheid om inligting te verskaf, te help om VS wetgewers se vrae oor toekomstige beleidsbesluite te stel, en om te leer oor tegnologie en praktyk sodat die OTW sy eie beleidsbesluite kan maak oor hoe om vrae oor kunsmatige intelligensie te benader. Die regskomitee sal meer doen in hierdie gebied in die komende maande.

IV. DIS ALLES OOR ONS MENSE

Van 25 Maart tot 24 April het die Vrywilligers en Werwingskomitee 109 nuwe versoeke ontvang en 103 voltooi, wat ons met 57 oop versoeke laat (insluitende induksie en verwyderingstake hieronder gelys).

Vanaf 24 April 2023, het die OTW 882 vrywilligers. \o/ Onlangse personeel skuiwe word hieronder gelys.

Nuwe AO3 Dokumentasie Vrywilligers: Kate G, Miki Mizuami, Mo & 2 ander Redakteure
Nuwe Kommunikasie Vrywilligers: Szabo Dorottya (Fanhackers Leier) & 3 Fanhacker Vrywilligers
Nuwe Oop Deure Vrywilligers: Charlie167, Phia, Teo en 6 ander Invoer Assistente
Nuwe Vertaling Vrywilligers: Irina Gostraya (Nuus Vertaler)
Nuwe Vrywilligers en Werwing Vrywilligers: Amy2 (Projekte Vrywilliger)

Uitgaande Kommunikasie Vrywilligers: Szabo Dorottya (slegs Fanhacker Vrywilliger rol)
Uitgaande Fanlore Vrywilligers: 1 Sosiale Media & Uitreik Vrywilliger
Uitgaande Oop Deure Vrywilligers: 1 Administratiewe Vrywilliger
Uitgaande Etiket Organiseerder Vrywilligers: Rosa V, Sarah Fox, Satie, Sunshijne, Fynn, EJ Bell, nolightss, en 23 ander Etiket Organiseerder Vrywilligers
Uitgaande Vertaling Vrywilligers: Ana Gomes, Cinna_moon, Demeter, Harold Liu & 6 ander Vertalers
Uitgaande TWC Vrywilligers: 1 Teksredakteur, 1 Simposium Redakteur
Uitgaande Vrywilligers en Werwing Vrywilligers: Amy2 (slegs Vrywilliger rol), Georgia (Vrywilliger)

Vir meer inligting oor die omvang van ons komitees, verwys asseblief na die komiteelys op ons webwerf..


Die OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) is die nie-winsgewende ouer-organisasie van verskeie projekte, insluitend AO3, Fanlore, Oop Deure, TWC, en OTW Regsvoorspraak. Ons is ‘n fan-bestuurde, volledig donasie-afhanklike organisasie beman deur vrywilligers. Vir meer inligting, besoek gerus die OTW webtuiste. Om meer te leer oor ons span van vrywillige vertalers, wat hierdie nuusberig vertaal het, besoek die Vertalingsblad.

Newsletter

Comments are closed.