
Dit is weer daardie tyd van die jaar – tyd vir die halfjaarlikse OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) Lidmaatskapwerwing! Sedert dit in 2007 gestig is, maak die OTW staat op die ondersteuning van fans soos u. Hierdie ondersteuning kom in die vorm van vrywillige ure sowel as die ongelooflike vrygewigheid van ons skenkers en ons lede. Kom meer te wete oor hoe u skenkings vanjaar tot ons werk bygedra het deur te gaan kyk na ons begroting bloginskrywing en, as u kan, skenk vandag hier.
Ons is opgewonde om vanjaar ‘n wonderlike nuwe lys skenker-bedankingsgeskenke te hê, insluitend ‘n reisglas wat die OTW-projeklogo’s vertoon en ‘n plakkerstel met die Archive of Our Own – AO3 (Argief van Ons Eie – AO3) werksimbole sodat u u vriende, troeteldiere en huishoudelike items behoorlik kan beplak en onderskei. Natuurlik is ons baie gewilde trope-speelkaartjies steeds beskikbaar, asook ‘n aantal ander opwindende geskenke.
Hierdie bedankingsgeskenke begin by VS$40; u kan ook ‘n herhalende skenking opstel en spaar vir die geskenk van u keuse. Instruksies oor hoe om dit op te stel sal by u skenking kwitansie ingesluit word. Diegene wat woon in die VSA mag dalk u bydrae verdubbel via bypassende werkgewersbydrae-programme: kontak u menslike hulpbronne-departement om uit te vind of dit vir u ‘n opsie is.
Dit is ook die moeite werd om te onthou dat ‘n skenking van VS$10 of meer u sal toelaat om ‘n lid van die OTW te word. OTW-lede ontvang ‘n spesiale sosiale media ikoon en, nog belangriker, die reg om vir die Raad van Direkteure – die OTW se beheerraad – te stem. U het tot 30 Junie 2023 om ‘n lid te word as u in vanjaar se verkiesing, wat in Augustus gehou sal word, wil stem.
Alhoewel ons hoop dat baie van u hierdie geleentheid sal gebruik om skenkings te maak en by die OTW aan te sluit, is ons dankbaar vir die ondersteuning van alle lede van hierdie gemeenskap, in al sy vele vorme! Of u fanwerke op AO3 skep, hulle deel, kommentaar lewer daarop of kudos los; Fanlore wysig; Transformative Works and Cultures – TWC (Transformerende Werke en Kultuur) lees; of inligting vanaf die OTW Regskomitee deel, help u elke dag om die OTW en sy projekte te vorm. Ons is dankbaar vir u tyd, energie en betrokkenheid!
Die OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) is die nie-winsgewende ouer-organisasie van verskeie projekte, insluitend AO3, Fanlore, Oop Deure, TWC, en OTW Regsvoorspraak. Ons is ‘n fan-bestuurde, volledig donasie-afhanklike organisasie beman deur vrywilligers. Vir meer inligting, besoek gerus die OTW webtuiste. Om meer te leer oor ons span van vrywillige vertalers, wat hierdie nuusberig vertaal het, besoek die Vertalingsblad.