
Die OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) is bedink, ontwerp en gebou deur fans. Ons word ondersteun deur die vrywillige werk van die fans wie dien as ons personeel, asook deur die finansiële vrygewigheid van ons lede. Soos ons hierdie April ons halfjaarlikse lidmaatskapwerwing van stapel stuur, wil ons graag sommige van die voordele van OTW lidmaatskap, wat beskikbaar is vir diegene wat donasies van VS$10 of hoër gemaak het, verduidelik. Ons will ook van die ander maniere beskryf waardeur ons ons waardering wys aan ons skenkers.
Ons verstaan dat dit vir baie van ons besoekers nie moontlik sal wees om aan die OTW te skenk tydens hierdie werwing nie en ons wil beklemtoon dat elke lid van ons gemeenskap waardeer word, of u bydra finansieel of in die vorm van vrywillige ure, kreatiewe werk, wiki artikels, kudos of kommentaar is. U maak almal die OTW wat dit is en ons is dankbaar vir elkeen van u.
Vir die wat kan skenk begin die voordele by net VS$10. Elke skenker wat ’n eenmalige donasie van VS$10 of meer maak is geregtig om ’n lid van die OTW te word vir die volgende kalender jaar. OTW lede het stemreg in jaarlikse verkiesings vir die OTW Raad van Direkteure, die liggaam wat toesig hou oor die OTW se aktiwiteite en strategiese rigting. Die volgende verkiesings sal in Augustus hierdie jaar plaasvind. U kan meer uitvind oor die verkiesingsproses op ons verkiesings webtuiste.
OTW lidmate ontvang ook ’n ekslusiewe sosiale media ikoon wat hulle kan gebruik op enige webtuistes wat hul wil. Langtermyn skenkers word beloon met eksklusiewe bedankingsgeskenke wat drie, vyf en tien jaar van voortdurende lidmaatskap vier. Gaan kyk na ons afskop plasing om meer uit te vind oor hierdie eksklusiewe bedankingsgeskenke.
Soos altyd het ons ook ’n verskeidenheid bedankingsgeskenke beskikbaar vir diegene wat spesifieke bedrae aan die OTW skenk. Met hierdie werwing is ons opgewonde om twee nuwe geskenke beskikbaar te stel: ’n nuwe stel plakkers, wat u kan kies met ’n donasie van VS$40 of hoër, en ’n eksklusiewe pak speelkaarte. Elke kaart stel ’n fannish term voor van die soort wat u in etikette op die Archive of Our Own – AO3 (Argief van Ons Eie) sal sien. Behalwe om kaartspeletjies met hulle te speel, hoop ons dat u die kaarte kan gebruik om kreatiewe uitdagings te skep saam met vriende of vir uself. Ons sien uit om te sien waarmee u vorendag kom! Die pak kaarte is beskikbaar vir skenkers wie VS$100 of meer skenk. Meer inligting oor hierdie en ons ander bedankingsgeskenke is beskikbaar op ons donasies bladsy.
Moenie bekommerd wees as die bedrag nie vir u bereikbaar is nie. U kan kleiner, herhaalde donasies maak om die spesifieke bedrag te bereik. Besoek ons herhalende donasies bladsy om ’n donasie op te stel teen ‘n prys en gereeldheid wat vir u bereikbaar is. U sal instruksies ontvang oor hoe om te registreer vir die bedankingsgeskenk van u keuse in u donasie kwitansie. Die geskenk sal opsy gesit word en aan u gestuur word sodra u donasies gesamentlik die vereiste bedrag bereik.
As u in die VS is, waar die OTW ’n geregistreerde nie-winsgewende organisasie is, mag dit moontlik wees vir u om teen geen ekstra koste u donasie te vermenigvuldig deur gebruik te maak van u werk se bypassende werkgewersbydra program! Praat met u menslike hulpbronne departement om uit te vind of dit iets is wat u werkplek aanbied.
U kan meer uitvind oor hoe vorige donasies aan die OTW spandeer is deur ons begroting bloginskrywing te besoek. En weereens, as u wel iets kan bydra, ontvang asseblief ons dank en klik hier om ons donasies bladsy te besoek.
Die OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) is die nie-winsgewende ouer-organisasie van verskeie projekte, insluitend AO3, Fanlore, Oop Deure, TWC, en OTW Regsvoorspraak. Ons is ‘n fan-bestuurde, volledig donasie-afhanklike organisasie beman deur vrywilligers. Vir meer inligting, besoek gerus die OTW webtuiste. Om meer te leer oor ons span van vrywillige vertalers, wat hierdie nuusberig vertaal het, besoek die Vertalingsblad.