
Die April lidmaatskapwerwing van die OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) het tot ‘n einde gekom en ons is bly om te kan deel dat ons ons fondsinsamelingsteiken van VS$40 000,00 oorskry het, met ‘n finale totaal van VS$275 724,51 wat deur 7 528 mense in 84 lande geskenk is. Ons is veral bly dat 5 810 skenkers gekies het om OTW-lidmaatskap te hernu of te begin.
Baie dankie aan almal in ons internasionale gemeenskap wat tydens die werwing informasie op sosiale media gedeel het, bloginskrywings gemaak het of geskenk het. U ondersteuning stel ons in staat om ons voortdurende missie te dien: om die belange van fans te bevorder deur toegang te gee tot, en die geskiedenis te bewaar van, fanwerke en fankultuur in al sy magdom vorme. Ons is bly dat dit vir u net so belangrik is as wat dit vir ons is.
En as u nou eers van die werwing gehoor het — moenie bekommerd wees nie!
Die OTW aanvaar heel jaar donasies en al ons lidmaatskapvoordele en bedankinsgeskenke is beskikbaar wanneer u ook al skenk.
Die OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) is die nie-winsgewende ouer-organisasie van verskeie projekte, insluitend AO3, Fanlore, Oop Deure, TWC, en OTW Regsvoorspraak. Ons is ‘n fan-bestuurde, volledig donasie-afhanklike organisasie beman deur vrywilligers. Vir meer inligting, besoek gerus die OTW webtuiste. Om meer te leer oor ons span van vrywillige vertalers, wat hierdie nuusberig vertaal het, besoek die Vertalingsblad.