April 2021 Werwing: Kudos vir U

Die OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) is in 2007 gestig deur fans vir fans, met die missie om fandom te dien deur transformerende werke te preserveer en die skep daarvan aan te moedig. Veertien jaar later is ons toewyding hieraan steeds onwrikbaar. Die OTW werk om fans, en die transformerende werke wat hulle skep, te beskerm, of dit nou deur regsvoorspraak teen fan-onvriendelike wetgewing, die red van bedreigde fanwerke, die opskryf van fangeskiedenis, die verskaffing van ‘n lokaal vir fanstudies of die gasheer van u ou en nuwe fanwerke is.

Maar ons kan dit nie sonder u hulp doen nie. Soos ons elke April en Oktober maak, vra ons u tydens die volgende drie dae om dit te oorweeg om by die OTW aan te sluit en om ‘n donasie te maak om ons werk te ondersteun. Indien u nie op die oomblik in staat is om ‘n donasie te maak nie, oorweeg asseblief om die nuus van ons werwing met ander mense in u fandomnetwerke te deel. Hoe ook al u u ondersteuning aan die OTW wys, u deelname en entoesiasme word baie waardeer.

Om ons dankbaarheid vir die vrygewigheid van ons skenkers te wys het ons ‘n nuwe toevoeging tot ons verskeidenheid bedankingsgeskenke gemaak. U kan die reeks reënboog-kudosplakkers kry as u ‘n donasie van VS$40 of meer maak. Ja, u kan uiteindelik kudos vir u vriende, troeteldiere en huishoudelike voorwerpe gee!

Ses plakkers, elk met die AO3 logo met vyf reënboogkleurige kudos-hartjies in 'n boog daarbo. Die logo is uitgebeeld in rooi, oranje, geel, groen, blou en pers.

Onthou, indien u nie in staat is om donasies op hierdie vlak te maak nie, maar steeds hierdie of enige ander bedankingsgeskenk wil kry, kan u dit doen deur te kies om ‘n kleiner bedrag op ‘n gereelde basis te skenk deur ons herhalende betalings-blad. Al wat u hoef te doen is om ons Ontwikkeling en Lidmaatskapkomitee te kontak en te laat weet vir watter item u wil spaar nadat u u herhalende betaling opgestel het. Hulle sal begin om u lopende totaal te tel, wat sal gaan tot die bedankingsgeskenk van u keuse.

Donasies van VS$10 of meer kwalifiseer die skenker ook vir OTW-lidmaatskap. Lede sal ‘n spesiale digitale ikoon ontvang wat u op u Archive of Our Own – AO3 (Argief van Ons Eie) rekening of op sosiale media kan gebruik. Nog belangriker, lidmaatskap stel u in staat om in die jaarlikse verkiesings van die OTW se Raad van Direkteure te stem. Vind meer uit oor stem en lidmaatskap.

Vir OTW-ondersteuners in die Verenigde State is een maklike manier om waarde tot u donasie toe te voeg deur bypassing van donasies deur werkgewers. Baie werkgewers sal gelyke skenkings maak aan liefdadigheidsake wat deur hul werknemers ondersteun word: hoekom praat u nie met u werkgewer om te hoor of hulle hierdie voordeel bied nie?

Ons is dankbaar vir u ondersteuning en betrokkenheid, of u nou hier was vir elke werwing sedert ons stigting, of hierdie u heel eerste werwing is. Kom ons werk saam om dit ‘n sukses te maak: en as u in staat is, maak vandag ‘n donasie!


Die OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) is die nie-winsgewende ouer-organisasie van verskeie projekte, insluitend AO3, Fanlore, Oop Deure, TWC, en OTW Regsvoorspraak. Ons is ‘n fan-bestuurde, volledig donasie-afhanklike organisasie beman deur vrywilligers. Vir meer inligting, besoek gerus die OTW webtuiste. Om meer te leer oor ons span van vrywillige vertalers, wat hierdie nuusberig vertaal het, besoek die Vertalingsblad.

Event

Comments are closed.