
Noudat die OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) se April lidmaatskapwerwing tot ‘n einde gekom het, bedank ons graag almal wat deelgeneem het. Ons is verstom, en dankbaar om te kan deel, dat ons gedurende die werwing VS$264 918,85 vanaf 9 110 skenkers in 84 lande ontvang het. Dit het ons teiken van VS$50 000 ver oorskry. Ons lidmaatskap het ook tot 16 842 lede gegroei. U is ongelooflik, dankie!
Ons bedank veral ons OTW-lede. Gedurende die werwing het 4 348 skenkers besluit om OTW-lidmaatskap uit te neem. Dankie vir u skenkings, jaar na jaar. Sonder u sou ons nie ons projekte kon befonds nie: u is regtig die grondslag waarop die OTW gebou is. Om ons waardering te toon het ons nou ‘n lidmaatskap-beloningsprogram. Na drie, vyf, en tien jaar se OTW-lidmaatskap sal lede in aanmerking kom om eksklusiewe geskenke te ontvang! En natuurlik is dit ons OTW-lede wat vir ons Raad van Direkteure stem. Meer nuus oor ons komende verkiesings sal binnekort beskikbaar wees.
Hierdie werwing sou nie moontlik gewees het sonder al ons vrywilligers, wat hard gewerk het om te verseker dat alles glad verloop, nie. Dankie vir al u hulp! Ons is ook dankbaar vir almal wat gepraat, getweet of bloginskrywings gemaak het. U ondersteuning het ‘n groot verskil gemaak. Baie, baie dankie!
Laastens: hierdie werwing is nou amptelik verby, maar u kan steeds ‘n donasie maak en die hele jaar deur by die OTW aansluit. U het tot 30 Junie 2021 om ‘n lid te word as u aan ons volgende verkiesing, in Augustus, wil deelneem!
Die OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) is die nie-winsgewende ouer-organisasie van verskeie projekte, insluitend AO3, Fanlore, Oope Deure, TWC, en OTW Regsvoorspraak. Ons is ‘n fan-bestuurde, volledig donasie-afhanklike organisasie beman deur vrywilligers. Vir meer inligting, besoek gerus die OTW webtuiste. Om meer te leer oor ons span vryvillige vertalers, wat hierdie nuusberig vertaal het, besoek die Vertalingsblad.