2023 OTW Verkiesings-kandidate Aankondiging

Kandidate Aankondiging

Die OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) kondig graag die volgende kandidate vir die 2023 Verkiesing aan (in alfabetiese volgorde volgens voornaam):

  • Anh P.
  • Audrey R.
  • Emyn a.
  • Jennifer H.
  • Kathryn S.
  • Qiao C.
  • Zixin Z.

(26 Junie: Emyn a. het per aankondiging uit die stemming onttrek.)

(25 Julie: Audrey R. het per aankondiging uit die stemming onttrek.)

Kandidate se volle wettige name sal nie hierdie jaar openbaar bekendgemaak word tensy hulle aangestel of verkies word tot die Raad nie.

Soos voorheen aangekondig, tree Heather McGuire af uit haar posisie op die Raad van Direkteure vir persoonlike redes, so daar sal vier oop setels wees in hierdie jaar se verkiesing, een daarvan met ‘n gedeeltelike termyn van twee jaar. Die kandidaat wie vierde plaas sal tot hierdie setel verkies word. Ons is dankbaar vir Heather se diens en bedank haar vir haar werk en toewyding.

Omdat ons vier setels om te vul en 6 kandidate het, sal die 2023 verkiesing bestry word – dit wil sê die lede van die OTW sal stem vir die kandidate wat die setels sal vul.

Die Verkiesingskomitee is opgewonde om die kandidate aan al die lede van OTW voor te stel! In hierdie berig is daar skakels na kort Biografieë en Platforms wat die kandidate geskryf het. Inligting oor die stemtydperk en hoe om te stem sal ook binnekort geplaas word.

Intussen is daar ‘n tydlyn van verkiesingsgebeurtenisse hier beskikbaar vir u om na te verwys. Lees verder om meer te wete te kom oor ons kandidate en hoe u vrae vir hulle kan indien!

Platforms en Biografieë

Ons het elke kandidaat gevra om vir ons ‘n biografie te gee wat hulle professionele en fannish ondervinding opsom. Hulle moes ook ‘n Platform skryf oor hul doelwitte vir hul termyn op die Raad deur die volgende vrae te beantwoord:

  • Hoekom het u besluit om te staan vir verkiesing tot die Raad?
  • Watter vaardighede en/of ondervinding sal u na die Raad toe bring?
  • Kies een of twee doelwitte vir die OTW wat vir u belangrik is en waaraan u gedurende u termyn wil werk. Hoekom is hierdie doelwitte vir u van waarde? Hoe sal u saam met ander werk om die doelwitte te bereik?
  • Wat is u ervaring met die OTW se projekte en hoe sou u met die betrokke komitees saamwerk om hulle te ondersteun en te versterk? Probeer om ‘n reeks projekte in te sluit, maar beklemtoon gerus die spesifieke projekte waarmee u ervaring het.
  • Hoe sou u u Raadswerk balanseer met ander rolle in die OTW, of hoe beplan u om u huidige rolle oor te gee om op Raadswerk te konsentreer?

U kan beide die kandidate se antwoorde op hierdie vrae en hulle biografieë lees deur die onderstaande skakels te volg.


Die OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) is die nie-winsgewende voorsaat organisasie van verskeie projekte, insluitend AO3, Fanlore, Oope Deure, TWC, en OTW Regsvoorspraak. Ons is ‘n fan-bestuurde, volledig donasi-afhanklike organisasie beman deur vrywilligers. Vir meer inligting, besoek gerus die OTW webtuiste. Om meer te leer oor ons span van vryvillige vertalers, wat hierdie nuusberig vertaal het, besoek die Vertaling bladsy.

Announcement

Comments are closed.