Om as vrywilliger te dien

Volunteering

Kan ek as vrywilliger dien in meer as een rol?

Ja; baie OTW (Organisasie vir Transformerende Werke)-personeel wy hul tyd aan veelvuldige rolle. Ons vra egter dat u die tydsvereistes van die rolle waarin u belangstel ernstig oorweeg, asook die tyd wat u aan die organisasie moet gee. Dit kan vir ons vrywilligers en vir die OTW waardevol wees wanneer mense in veelvuldige rolle dien, maar ons wil ook verseker dat ons mense nie met te veel verantwoordelikheid opsaal nie. Al ons nuwe posbeskrywings gee ’n beraamde tydsvereiste vir die rol om te help om verwagtinge te bestuur. Daar word ook voorgestel dat vrywilligers met hul komiteevoorsitter praat oor die aanneem van ekstra rolle.

Is daar ’n minimum ouderdomsvereiste om te dien as vrywilliger?

Die OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) kan net vrywilligersaansoeke aanvaar van mense wat 16 jaar en ouer is. Spesifieke rolle en komitees mag kwalifikasies vereis wat deelname beperk tot individue van 18 jaar en ouer.

Moet ek op ’n spesifieke plek wees om te dien as vrywilliger?

Al die OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) se vrywilligers werk aanlyn, so u hoef nie op ’n spesifieke plek te wees nie. Solank u toegang tot ’n internetkonneksie het, is u op die regte plek (en u sal saam met mense van regoor die wêreld kan werk).

Meeste van die inligting op julle webwerwe is in Engels. Kan ek steeds dien as vrywilliger as Engels nie my huistaal is nie?

Absoluut! Ons verwelkom vrywilligers van regoor die wêreld en vanuit alle agtergronde. As ’n organisasie wat ’n internasionale gemeenskap bedien, het ons gebruikers en lede wie se huistaal nie Engels is nie. Verskeie van ons komitees en projekte vind baat uit vrywilligers wat ’n agtergrond in meer as een taal het.

Engels is die ‘lingua franca’ vir die organisasie as ’n geheel, so u moet in Engels kan werk (maar dit hoef nie perfek te wees nie!). As u spesifieke bekommernisse daaroor het om aansoek te doen vir ’n oop rol, laat weet die Vrywilligers- en Werwingskomitee. Hulle sal u in aanraking met die komiteevoorsitter sit.

Benodig ek enige spesiale sagteware of toestelle om as vrywilliger te dien?

U benodig stabiele inernettoegang, aangesien ons web-gebaseerde sagteware en e-posse gebruik om te kommunikeer. Sommige rolle mag toegang tot ander webtuistes en sagteware vereis. Toegang tot hierdie hulpmiddels is gratis of word betaal deur die OTW (Organisasie vir Transformerende Werke).

Is daar toeganklikheidskwessies rakende vrywilligerswerk?

Die OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) gebruik verskeie derdeparty aanlyn hulpmiddels, soos Basecamp and Campfire, wat dalk nie goed saam met sekere ondersteuningstegnologie werk nie. Ons werk is grotendeels teksgebaseer, en sekere rolle beweeg uiters vinnig en vereis onmiddelike aanlyn sosiale interaksie in die vorm van teksgebaseerde chat.

As u vrae oor spesifieke bekommernisse het, tree asseblief met ons in verbinding en ons sal ons bes doen om te help.

Ek stel belang in ’n rol wat nie tans gelys word nie. Kan ek in elk geval aansoek doen?

Ons aanvaar tans slegs aansoeke vir gelysde rolle. ’n Deel van ons proses is om net te werf vir rolle wat nuwe vrywilligers aanvaar en wat gereed is om hulle op te lei en aan boord te bring. Ons moedig u egter aan om ons vrywilligersblad en die OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) Nuus dop te hou vir wanneer die rol waarin u belangstel, beskikbaar raak. As u meer spesifieke vrae oor rolle het, kan u in verbinding tree met die Vrywilligers- en Werwingskomitee.

Ek het nie die vaardighede of ervaring wat deur die beskikbare rolle vereis word nie. Kan ek in elk geval aansoek doen?

Terwyl ons vrywilligers verwelkom wat nuwe ervaring wil opdoen, vereis sommige van ons rolle wel sekere vaardighede en ervaring. Ons vermoë om beginners vir ’n spesifieke rol in te neem mag afhang van die hoeveelheid ervare vrywilligers wat beskikbaar is om hulle op te lei. Die ervaring en tydsvereistes vir elke pos word in die posbeskrywing genoem.

Ons moedig u aan om die vrywilligersblad dop te hou vir oop rolle wat by u kwalifikasies pas. As u vrae oor die vereistes vir ’n rol het, is u welkom om met die Vrywilligers- en Werwingskomitee in verbinding te tree.

Moet ek die naam wat ek tans in fandom of op die AO3 gebruik, gebruik as ek as vryilliger wil dien? Moet ek my bestaande AO3 naam gebruik om as ’n Tag Wrangler te dien?

U is welkom om enige naam wat u verkies te gebruik wanneer u as ’n vrywilliger dien. Sommige vrywilligers hou daarvan om hul werk aan hul fandom-identiteit te verbind en ander verkies om hul wettige naam te gebruik, veral as hulle beplan om hul vrywillige diens by hul CV in te sluit. U is welkom om enige van die twee te gebruik, of u kan ’n nuwe naam kies.

As u aanvaar word as ’n Tag Wrangler, maar nie u wrangling aan u bestaande rekening wil verbind nie, kan u voorsitters aan u ’n uitnodiging verskaf om ’n aparte rekening vir wrangling doeleindes op te stel. As u u bestaande rekening wil gebruik hoef dit nie te pas by u OTW (Organisasie vir Transformerende Werke)-naam nie, maar wees asseblief bewus dat u OTW-naam aan u Archive of Our Own – AO3 (Argief van Ons Eie) verbind mag word deur die loop van u wrangling werk.

Neem asseblief kennis: ’n Beperkte aantal rolle vereis dat u u wettige naam gebruik, sedert dit werk met buite-organisasies vereis. Daar sal altyd ’n aantekening hiervan in die posbeskrywing of die aansoek wees.

Wat gebeur nadat ek ’n aansoekvorm indien?

Dit hang af van die soort rol waarin u belangstel. Nadat u indien druk, sal die bladsy inligting vertoon oor wat volgende gebeur en sal u ’n outomatiese bevestigingsboodskap ontvang.

Vir rolle waar daar baie poste beskikbaar is (bv. ’n vrywilligerspoel, soos vertaling of tag wrangling): Die Vrywilligers- en Werwingskomitee sal aansoeke aanstuur na die voorsitter van die relevante komitee en/of die leiers van die vrywilligerspoele. Die voorsitter sal dan onderhoude voer met voornemende vrywilligers om agter te kom of hulle goed sal inpas. Ons sal so gou as moontlik vir almal laat weet wat die resultate van hul aansoek was.

Vir rolle wat net vir ’n sekere hoeveelheid mense soek (bv. ‘n personeelrol): Die Vrywilligers-en Werwingskomitee sal almal se aansoeke stoor en dit aan die relevante voorsitter stuur aan die einde van die werwingsperiode. Die voorsitter sal dan onderhoude voer met voornemende personeel om die persoon te vind wat die beste in die oop rol inpas. Ons sal so gou as moontlik vir almal laat weet wat die resultate van hul aansoek was.

Ek het aansoek gedoen, maar ek het nog niks gehoor nie. Wat moet ek doen?

Alle aansoeke behoort ’n outomatiese antwoord te ontvang wat die volgende stappe van die proses verduidelik. Ons vra dat u e-posse van *@transformativeworks.org whitelist om te verseker dat dit afgelewer word.

As u nie binne 48 uur die outomatiese antwoord ontvang het nie, gaan u strooiposfilters na en stuur dan asseblief ‘n e-pos aan [email protected] met die pos waarvoor u aansoek gedoen het en die naam wat u op die aansoek gebruik het.

Gaan ek betaal word vir vrywillige werk?

Nee, niemand in die OTW (Oragnisasie vir Transformerende Werke) ontvang monetêre vergoeding vir hul werk nie.

Ek het vrae oor vrywillige werk wat nie hier beantwoord word nie.

Tree in verbinding met die Vrywilligers- en Werwingskomitee deur die kontakvorm en ons sal graag enige vrae beantwoord, gewoonlik binne ’n week. (As u ’n vraag in ’n taal buiten Engels stuur mag ’n antwoord tot een bykomende week neem.)