Donations and Membership

Hoe kan ek ’n donasie aan die OTW maak?

Om ’n donasie te maak, gaan na ons donasievorm.

Dankie vir u ondersteuning! As u enige vrae het of probleme ondervind wanneer u probeer om u donasie te voltooi, tree asseblief in verbinding met die Ontwikkeling en Lidmaatskapkomitee.

Kan ek ’n donasie maak via tjek? Waarheen stuur ek dit?

Ja, as u ’n inwoner van die Verenigde State is. Ongelukkig kan ons nie op die oomblik tjeks van buite die VS aanvaar nie. Vul asseblief ons donasievorm in, kies die “Ek sal betaling deur tjek stuur” opsie, en stuur u tjek na:

Organization for Transformative Works, Inc.
228 Park Ave S #18156
New York, New York 10003-150
USA

Tjek betalings mag tot 3 weke vat om inbetaal te word. As u enige vrae het, tree asseblief in verbinding met die Ontwikkeling en Lidmaatskapkomitee.

Kan ek ’n donasie maak via kontant of poswissel?

Kan ek ’n donasie maak via kontant of poswissel?

Ja, as u skenk in VS dollars, maar kontant en poswissels sal slegs as ’n nie-lidmaatskap donasie aanvaar word. Vir lidmaatskap doeleindes moet ons u betaling kan koppel aan ’n bankrekening of kredietkaart sodat ons kan bevestig dat u ’n regte persoon en ’n individu is wanneer ons verkiesings hou.

Om ’n donasie te maak, stuur die geld aan:

Organization for Transformative Works, Inc.
228 Park Ave S #18156
New York, New York 10003-150
USA

As u enige vrae hieroor het, tree asseblief in verbinding met die Ontwikkeling en Lidmaatskapkomitee.

Kan ek donasies maak in geldeenhede anders as VS dollar?

Ja, u kan aanlyn donasies maak deur ons donasievorm te gebruik. (Let wel dat ons nie kontant of tjek donasies in geldeenhede anders as VS dollar kan aanvaar nie.) Wanneer u ons aanlynvorm gebruik om ’n skenking te maak, sal u gevra word om die skenkingsbedrag in VS dollar op die vorm te spesifiseer. U kan na die tyd die betaling voltooi deur ’n kredietkaart of PayPal te gebruik.

Tree asseblief in verbinding met die Ontwikkeling en Lidmaatskapkomitee of PayPal ondersteuning vir verdere hulp.

Is donasies aan die OTW belasting aftrekbaar? Indien wel, wat is u EIN?

Ja, in die Verenigde State. Die OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) is ’n geregistreerde 501(c)(3) nie-winsgewende organisasie en alle donasies is belasting aftrekbaar. Ons EIN in die VS is 38-3765024; dit sal ook vir u rekords op u donasie kwitansie ingesluit word.

Let wel dat indien u buite die VS is, u donasie dalk nie van belasting aftrekbaar is nie. U sal by ’n belastingadviseur moet uitvind of ’n skenking aan ’n VS 501(c)(3) nie-winsgewende organisasie kwalifiseer vir ’n belastingaftrekking volgens u plaaslike wette.

Tree asseblief in verbinding met die Ontwikkeling en Lidmaatskapkomitee as u enige verdere vrae hieroor het.

Hoekom vra u vir my naam en adres op die donasie vorm? Kan ek anoniem skenk?

Vir regsdoeleindes moet ons elke lidmaatskap donasie aan ’n spesifieke individu kan koppel. So vermy ons dat een persoon veelvuldige donasies maak wat hulle die reg sou gee om meer as een keer te stem. (Lees Hoekom benodig u ’n lidmaatskapfooi om iemand die reg te gee om te stem in OTW verkiesings? hieronder om meer te leer.)

U inligting is veilig by ons en ons is toegewyd aan data sekuriteit. Ons sal nooit u wettige en fannish identiteite verbind nie. Lees asseblief ons Privaatheidsbeleid vir meer inligting.

As u graag wil skenk sonder om ’n adres te voorsien, kan u ’n nie-lidmaatskapsdonasie maak deur kontant of poswissel (slegs in VS dollar). Verwys asseblief na Kan ek ’n donasie maak via kontant of poswissel? hierbo.

Tree asseblief in verbinding met die Ontwikkeling en Lidmaatskapkomitee as u enige verdere vrae het.

Wat is die verskil tussen ’n lidmaatskap- en nie-lidmaatskapsdonasie?

’n Lidmaatskapsdonasie maak u ’n lid van die OTW (Organisasie vir Transformerende Werke): u kan stem in ons jaarlikse verkiesing vir die Raad van Direkteure. Vir meer inligting oor ons verkiesingsproses, besoek asseblief die OTW Verkiesings webtuiste of tree in verbinding met die Verkiesingskomitee.

’n Nie-lidmaatskapsdonasie, alhoewel dit baie waardeer word, maak u nie ’n OTW lidmaat nie en gee geen stemregte nie.

Waarom vereis u ’n lidmaatskapsfooi om iemand stemreg in die OTW verkiesings te gee?

Soos baie nie-winsgewende organisasies, gebruik die OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) ’n lidmaatskapsfooi om te verseker dat elke lidmaat ’n individu is—dit is ’n vereiste wat maklik is om na te gaan. Andersins kan een persoon veelvuldige lidmaatskaprekeninge skep om meer as een keer in ons verkiesing te stem.

Hierdie fooie word ook gebruik om die OTW te ondersteun—om die bedryfskostes vir beide die organisasie en al ons projekte te betaal, sodat ons nie nodig het om gebruik te maak van advertensies of vir ons gebruikers te vra vir fooie nie. Ons beplan om ons minimum donasie laag te hou sodat dit nie ’n hindernis is vir enige iemand wat omgee oor die organisasie nie, maar ons hoop dat meeste lidmate meer sal gee as hulle kan!

Kan ek lidmaatskap vir iemand anders koop as ’n geskenk?

Om te verseker dat alle stemmende lidmate van die OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) inderdaad regte individue is sodat ons regverdige verkiesings kan hou, laat ons nie toe dat lidmaatskap as ’n geskenk gegee word nie. U is welkom om donasies te maak ter ere van ander, maar hierdie donasies sal nie lidmaatskap aan hulle verleen nie.

Sal lidmaatskap vir my ’n AO3 uitnodiging kry?

Nee. OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) en Archive of Our Own – AO3 (Argief van Ons Eie) rekeninge is nie op enige manier verbind nie. Om ’n AO3 rekening te verkry, val asseblief in by die uitnodiging waglys. Donasies aan die OTW help ons om die AO3 aan die gang te hou, so ons verwelkom u ondersteuning, maar ons is toegewy daaraan om AO3 as ’n gratis diens aan almal te bied. Daar is geen verwantskap tussen individuele donasies en rekeninge op die AO3 nie.

As u vrae oor AO3 uitnodignings het, tree asseblief in verbinding met AO3 Ondersteuning.

Sal my OTW lidmaatskap aan my AO3 rekening verbind wees?

Nee, OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) lidmaatskap en Archive of Our Own – AO3 (Argief van Ons Eie) rekeninge is nie op enige manier verbind nie. Die OTW ondersteun fans se reg tot aparte fannish en nie-fannish identiteite. Ons sal nooit die twee verbind nie, en die databasisse wat lidmaatskap inligting en AO3 rekening inligting bevat is heeltemal geskei. Die stoor en gebruik van u data word deur ons Privaatheidsbeleid bestuur.

Hoe lank hou lidmaatskap? Hoe weet ek of ek kan stem?

U lidmaatskap hou vir een jaar vanaf u mees onlangse donasie. As u gekies het om ’n OTW lidmaat te word en u donasie ontvang word voor die lidmaatskap afsnydatum vir daardie jaar se verkiesings, wat deur die OTW Verkiesingsspan gepubliseer word, kan u stem.

As u nie seker is wanneer laas u geskenk het nie, tree asseblief in verbinding met die Ontwikkeling en Lidmaatskapkomitee. As u vrae oor die lidmaatskap afsnydatum of die verkiesingsproses het, kontak die Verskiesingskomitee.

Waarheen gaan my donasie? Hoe spandeer die OTW sy geld?

U donasie ondersteun die OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) se dryfproses en projekte. Ons is ’n organisasie wat slegs uit vrywilligers bestaan, so die meerderheid van ons uitgawes gaan na die onderhoud van ons projekte.

Om meer te leer oor ons onlangse uitgawes en toekomstige begroting, gaan kyk na die volgende:

As u enige ander vrae het, tree asseblief in verbinding met die Ontwikkeling en Lidmaatskapkomitee.

Kan ek ’n donasie maak wat vir ’n spesifieke OTW uitgawe of projek bestem is?

Daar is tans geen manier om ’n donasie vir ’n enkele OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) projek of uitgawe aan te wys nie. Daar is verskeie uitgawes wat nie projek-spesifiek is nie en wat verwant is aan die organisasie as ’n geheel: byvoorbeeld, die sagteware wat ons vrywilligers gebruik om vergaderings te hou en planne te maak; die bediener wat gasheer is vir beide ons interne dokumentasie en Archive of Our Own – AO3 (Argief van Ons Eie) inhoud; en die brandmuur wat Fanlore, die AO3 en ons interne berging beskerm. Donasies gaan na die onderhoud hiervan sowel as aan ander OTW projekte.

Hoe kry ek ’n opsomming van al my donasies in hierdie finansiële jaar?
Wat is ’n bedankingsgeskenk? Hoe kan ek een kry?

Bedankingsgeskenke is opsionele items wat u kan kies om te ontvang as u meer as VS$40 skenk. Die lys van beskikbare geskenke verander gereeld. Besoek asseblief ons donasievorm om te sien wat die huidige opsies is.

Ek het ’n herhalende donasie gemaak. Kan ek ’n bedankingsgeskenk kry wanneer my totaal daardie bedrag bereik?

Ja! Tree asseblief in verbinding met die Ontwikkeling en Lidmaatskapkomitee en laat ons weet watter geskenk u wil hê. Wanneer u daardie skenkingstotaal bereik, sal ons die geskenk aan u stuur.

Hoe kan ek ’n herhalende donasie (gee VS$__ elke __ maande) opstel? Kan herhalende donasies tel tot lidmaatskap?

Besoek ons Herhalende Donasies vorm om ’n herhalende donasie te maak.

As u die lidmaatskap opsie kies, sal herhalende donasies tel tot lidmaatskap.

Hoe kan ek die herhalende donasie bedrag wat ek voorheen geskeduleer het kanselleer of verander, of die kredietkaart wat ek gebruik het verander?

Om u herhalende donasie te kanselleer, kies u laaste bydrae in PayPal en gaan na “Manage payments for …,” of gaan na die Betalings afdeling op u PayPal Settings (Instellings) bladsy. Herhalende donasie bedrae kan nie verander word nie. As u u herhalende donasie wil verander, moet u dit eers kanselleer en dan ’n nuwe een opstel.

Om die kredietkaart wat vir ’n donasie gebruik is te verander, moet u die PayPal transaksie besonderhede redigeer. Verwys asseblief na PayPal hulp vir meer inligting hieroor, en tree in verbinding met PayPal ondersteuning vir hulp.

As ek ’n donasie ter ere van iemand maak, sal hulle ’n kennisgewing kry?

Nee. Dit is opsioneel om ’n e-pos adres te voorsien in die “In Honor of” (Ter Ere van)-afdeling van die donasievorm en dit genereer geen kennisgewing nie. Algemene e-posse wat aan alle skenkers gestuur word, sal wel ontvang word deur die e-pos adres wat daar verskaf is.

Ek kan nie nou dadelik ’n donasie maak nie, maar ek wil graag julle werk ondersteun. Kan ek eerder ’n vrywilliger vir die OTW wees?

Al die posisies wat tans oop is word gelys op die Vrywilliger bladsy. As ’n posisie waarin u belangstel nie op die oomblik daar gelys word nie, kyk later weer na die bladsy, en hou dit dop vir nuwe openinge. Ons publiseer altyd inligting oor nuwe posisies op OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) nuusbronne.