2023 OTW Raad Verkiesing Het Begin!

Die verkiesing het begin!

Elke OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) lid wat tussen 1 Julie 2022 en 30 Junie 2023 aangesluit het behoort teen die tyd ‘n stembrief te hê. As u nie een ontvang het nie, gaan kyk asseblief eers in u strooipos leêrgids en kontak ons dan deur ons kontak vorm. Neem asseblief kennis dat u donasie kwitansie in Amerikaanse Oostelike Tyd gedateer sal wees, so as u donasie na 19:59 op 30 Junie 2023 op die kwitansie aangedui is, sal u nie geregtig wees om te stem nie. As u onseker is of u donasie voor die sperdatum gemaak is, kontak asseblief ons Ontwikkeling en Lidmaatskapkomitee deur die kontak vorm op ons webtuiste te gebruik en “Is my membership current/Am I eligible to vote?” (“Is my lidmaatskap op datum/Is ek geregtig om te stem?”) te kies.

Die verkiesing sal plaasvind tot 14 Augustus 2023, 23:59 UTC; sien hierdie tydsone omskakelaar om uit te vind hoe laat dit vir u sal wees.

Sodra u gestem het kan u aanbeweeg na Twitter of Tumblr en die hutsmerk #OTWE23 gebruik om ander kiesers te ontmoet en met hulle te gesêls. Ons sal graag van u wil hoor!


Die OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) is die nie-winsgewende ouer-organisasie van verskeie projekte, insluitend AO3, Fanlore, Oop Deure, TWC, en OTW Regsvoorspraak. Ons is ‘n fan-bestuurde, volledig donasie-afhanklike organisasie beman deur vrywilligers. Vir meer inligting, besoek gerus die OTW webtuiste. Om meer te leer oor ons span van vrywillige vertalers, wat hierdie nuusberig vertaal het, besoek die Vertalingsblad.

Announcement

Comments are closed.